Janco & Zené
26 September 2026
ONS GAAN TROUE HOU!
Ons nooi jou uit om getuienis te wees vir ons huwelikbevestiging op:
26 September 2026
by
Florence Wedding Venue
Ons Verhaal
Ons verhaal het in Januarie 2020 tydens eerstejaars-koshuisoefeninge begin. Dit was daar waar Janco dapper genoeg was om sy kans te waag en met Zené te probeer gesels, ongelukkig sonder veel sukses. Kort daarna, net voor Covid en die inperking, het ons mekaar 'n bietjie beter leer ken. Toe het die wêreld egter onverwags tot stilstand gekom, en daarmee saam ook ons geselsies.
Ongeveer 'n jaar later het ons mekaar heel toevallig weer in Potchefstroom raakgeloop. Hierdie keer was dit anders, die gesprek het maklik gevloei en dinge het sommer net natuurlik gekliek. Van daardie oomblik af het alles begin in plek val. Nie lank daarna nie het Janco vir Zené oortuig om saam met hom na sy gunsteling plek in die wêreld, Plett, te gaan om saam met sy familie te kamp, 'n gewaagde skuif wat gelukkig baie suksesvol was.
In Desember 2021 het Janco vir Zené op Robberg se staproete uitgevra. Wat gevolg het, was vier jaar vol staptogte, universiteits ervarings, baie lag, groei en 'n droomreis na Italië. Dit was juis daar, in Bellagio aan die oewer van die Comomeer, waar hy haar gevra het om met hom te trou.
Nou staan ons aan die begin van 'n nuwe hoofstuk, gereed om saam ons lewens aan te pak en die liefde en genade van ons Here Jesus elke dag uit te leef.
DIE TROUDAG
14h30
Arriveer asseblief by die Klip Kapel
15h00
Seremonie begin stiptelik
16h30
Canapes en verversings
18h00
feesviering begin
00h00
"Midnight" snack
02h00
feesviering eindig
Belangrike Informasie
KLEREDRAG
Semi-formeel tot formeel
(Asseblief weet dat die bruid al klaar wit gedeps het)
KROEG
Kontant kroeg met kaart fasiliteite sal beskikbaar wees
Metgeselle en Kinders
Metgeselle word uitgenooi slegs per uitnodiging
Al is ons mal oor julle kinders hoop ons julle sal verstaan dat ons troue slegs 'n volwasse viering sal wees
VENUE
Ons is geleë op die N17, net 5 km buite Chrissiesmeer in die rigting van die Kruger Nasionale Park en Swaziland.
Florence Farm, Chrissiesmeer, Suid-Afrika
GPS-KOORDINATE: S: 26° 16.390 / E: 30° 15.883
AANWYSINGS
Ons is baie bevoorreg om omring te wees deur goeie padinfrastruktuur. Die pad tussen Chrissiesmeer en Carolina is 'n goeie teerpad, maar alle kaarte wys dit as 'n gruispad. Dit kan die rede wees dat alle GPS'e jou langs langer roetes na Florence Farm neem.
VERBLYF
Kliek hier vir die volledige gastehuis-lys
Vrydag
Ons wil graag die Vrydagaand saam julle, ons gunsteling vriende en familie, spandeer. Kom geniet 'n glasie wyn en iets om te eet saam ons.
Waar: Florence Guest farm
Tyd: 17h00
Koste per persoon: R200
BANK BESONDERHEDE
J Spelt
Standard Bank Spaar Rekening
Rekening nommer: 10249637748
Verwysing: Naam, Vrydagaand
Tak Kode: 7654
GESKENK IDEES
Jou teenwoordigheid op ons spesiale dag is al klaar die grootste geskenk. Indien jy egter 'n geskenk will gee, sal 'n finansiële bydrae baie waardeer word.
Daar sal 'n geskenk tafel en 'n posbus wees!
BANK BESONDERHEDE
J Spelt
Standard Bank Spaar Rekening
Rekening nommer: 10249637748
Verwysing: Naam en Van, Geskenk
Tak Kode: 7654
Ons vra dat almal teen 30 Junie 2026 sal RSVP
Voltooi RSVPGalery
Blaai deur die fotos en klik op enige foto om dit te vergroot